I accept cookies from this site

We use cookies to help make this website better. To find out more about the cookies we use, please read our Cookies Policy. If you continue without changing your cookie settings, you consent to this use, but if you want, you can find information in our Cookies Policy about how to remove cookies by changing your settings.

Inleiding

ʼn Spel wat as ʼn doodgewone tydverdryf begin het, het verander in ʼn wêreldwye netwerk waarbinne reusestadions gebou, ʼn ingewikkelde administratiewe struktuur tot stand gebring en komplekse strategieë ontwikkel is. Rugby, wat die belangstelling en entoesiasme van allerlei mense ontlok, het verskeie kante en gesigte.

Rugby word deur mans en vrouens en seuns en meisies wêreldwyd gespeel. Meer as 8,5 miljoen mense tussen die ouderdomme van ses en 60+ neem gereeld aan die spel deel. Die wye verskeidenheid vaardighede en fisieke vereistes wat vir die spel benodig word, beteken dat daar vir individue van elke vorm, grootte en vermoë 'n geleentheid is om deel te neem.

Behalwe die speel van die spel en die gepaardgaande ondersteuning daarvan, omvat rugby verskeie sosiale en emosionele konsepte soos moed, lojaliteit, sportmanskap, dissipline en spanwerk. Hierdie gedragskode doen, is om die spel te voorsien van ʼn kontrolelys waarteen die wyse waarop daar gespeel word en die gedrag geëvalueer kan word. Die doelstelling is om te verseker dat rugby sy unieke karakter beide op en vanaf die veld behou.

Hierdie gedragskode dek die basiese beginsels van rugby soos dit betrekking het op die speel en afrigting daarvan, en op die totstandkoming en toepassing van die reëls. Die hoop word uitgespreek dat die gedragskode, wat die reëls van die spel komplementeer, die standaarde sal stel vir almal wat by rugby betrokke is, op watter vlak ook al.