I accept cookies from this site

We use cookies to help make this website better. To find out more about the cookies we use, please read our Cookies Policy. If you continue without changing your cookie settings, you consent to this use, but if you want, you can find information in our Cookies Policy about how to remove cookies by changing your settings.

Roekelose en toevallige doodvatte
November 2016

Roekelose Doodvat

Daar word geoordeel dat 'n speler tydens 'n doodvat of gepoogde doodvat of gedurende ander fases van die spel roekelose kontak gemaak het indien die speler, toe daar kontak gemaak is, geweet het of behoort te geweet het dat daar 'n risiko van kontak met die kop van 'n opponent was, maar dit nogtans gedoen het. Hierdie straf geld selfs al begin die doodvat onder die skouerlyn. Hierdie tipe kontak geld ook indien daar om die area van die kop/ nek gegryp en gerol/ gedraai word, selfs al begin die doodvat onder die skouerlyn.

Minimum straf: Geel kaart

Maksimum straf: Rooi kaart

Toevallige Doodvatte

Wanneer daar gedurende 'n doodvat of gepoogde doodvat of gedurende ander fases van die spel kontak met 'n ander speler gemaak word en daar toevallig met 'n opponent se kop kontak gemaak word, hetsy direk of indien die doodvat onder die skouerlyn begin, MAG die speler gestraf word. Dit sluit situasies in waar die baldraer in die doodvat ingly.

Minimum straf: Strafskop

Voorbeelde - slegs strafskop

Met vergunning van BBC

Met vergunning van RTE

Voorbeelde - geel kaart

Met vergunning van Sky Sports

Met vergunning van Canal+

Voorbeelde - rooi kaart

Met vergunning van RTE

Met vergunning van Sky Sports