I accept cookies from this site

We use cookies to help make this website better. To find out more about the cookies we use, please read our Cookies Policy. If you continue without changing your cookie settings, you consent to this use, but if you want, you can find information in our Cookies Policy about how to remove cookies by changing your settings.

12 Afskoppe en skoppe om spel te hervat

    Beginsel

    Afskoppe word gebruik om beide helftes van die wedstryd of tydperk van ekstra tyd te begin. Skoppe om spel te hervat word gebruik om spel te hervat nadat punte of 'n drie aangeteken is.

  1. Alle afskoppe en skoppe om spel te hervat is skepskoppe. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.
  2. Afskop

    Afskoppe en skoppe om spel te hervat nadat punte aangeteken is

  3. Afskoppe word op of agter die middelpunt van die halflyn geneem. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.
  4. Die opponente van die span wat afgeskop het om die wedstryd te begin, begin die tweede helfte.
  5. Nadat 'n span punte aangeteken het, hervat hul opponente spel van op of agter die middelpunt van die halflyn. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.
  6. Wanneer die bal geskop word:
    1. Moet spanmaats van die skopper agter die bal wees. Straf: Skrum.
    2. Opposisiespelers moet op of agter die 10-meterlyn wees. Straf: Die skop word weer geneem.
  7. Die bal moet die 10-meterlyn bereik. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.
  8. Indien die bal die 10-meterlyn bereik maar dan teruggewaai word of 'n opponent die bal speel voordat dit die 10-meterlyn bereik, gaan die spel voort.
  9. Indien die bal direk in die grensgebied in beweeg, kies die span wat nie geskop het nie een van die volgende:
    1. Die skop word weer geneem.
    2. Skrum.
    3. Lynstaan.
    4. Vinnige ingooi.
  10. Indien die bal in die opponente se doelgebied ingeskop word sonder om aan enige speler te raak en 'n opponent druk die bal sonder versuim dood of dit gaan dood deurdat dit regdeur die doelgebied beweeg het, het die span wat nie geskop het nie die keuse dat die skop weer geneem word of 'n skrum.
  11. Indien die bal in die die span wat skop se eie doelgebied ingeskop word en deur 'n verdedigende speler doodgedruk word of dit doodgaan deurdat dit regdeur die doelgebied beweeg het, word daar aan die span wat nie geskop het nie 'n vyfmeterskrum toegeken.
  12. Skoppe om spel te hervat ná 'n dooddruk (22-meterinskop)

  13. Indien die bal, behalwe vanaf 'n afskop of skop om spel te hervat, deur 'n aanvallende speler in die doelgebied in gespeel of geneem word en deur 'n opponent doodgedruk word, word spel met 'n 22-meterinskop hervat.
  14. 'n 22-meterinskop:
    1. Word enige plek op of agter die verdedigende span se 22-meterlyn geneem. Straf: Skrum.
    2. Moet sonder versuim geneem word. Straf: Vryskop.
    3. Moet oor die 22-meterlyn gaan. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.
    4. Moet nie direk in die grens ingaan nie. Straf: Die opponerende span kies een van die volgende:
      1. Dat die inskop weer geneem word; of
      2. 'n Skrum; of
      3. 'n Lynstaan; of
      4. 'n Vinnige ingooi.
  15. 'n Opponent mag nie oor die 22-meterlyn storm voordat die bal geskop is nie. Straf: Vryskop.
  16. 'n Opponent wat binne die skopper se 22-meterlyn is, mag nie die inskop vertraag of verhinder nie. Straf: Strafskop.
  17. Indien die bal oor die 22-meterlyn beweeg maar dan teruggewaai word, gaan spel voort.
  18. Indien die bal nie oor die 22-meterlyn beweeg nie, mag voordeel gespeel word.
  19. Indien 'n 22-meterinskop die opponente se doelgebied bereik sonder om aan enige speler te raak en 'n opponent druk die bal sonder versuim dood of dit gaan in die doelgrensgebied in of dit gaan oor die doodlyn, het die span wat nie geskop het nie die keuse dat die skop weer geneem word of 'n skrum.
  20. Die spanmaats van die skopper moet agter die bal wees wanneer dit geskop word. Diegene wat voor die bal is wanneer dit geskop word, mag gestraf word tensy hulle terugval en nie met die spel inmeng nie totdat hulle deur die optrede van 'n spanmaat aankant geplaas word. Straf: Skrum.
  21. Inskop