World Rugby Laws - World Rugby's Law Education Web Site
Toepassing van huidige reël – skeidsregterswerk by die afbreekpunt
Maart 2020

Aan die begin van die nuwe Reëlhersieningsiklus (2019 – 2023) het die Rugbykomitee en die Reëlhersieningsgroep versoek dat ʼn spesialis-afbreekpuntgroep gevorm word. Hierdie groep het in September 2019 via telekonferensie en in Maart 2020 van-aangesig-tot-aangesig vergader.

Die groep het onder die voorsitterskap van John Jeffrey vergader en het bestaan uit:

  • Afrigters: Richie Gray; Russell Earnshaw; Ian Foster & Joe Schmidt
  • Skeidsregters: Wayne Barnes & Jaco Peyper
  • Spelers: Victor Vito & Josh Beaumont
  • Medies & Navorsing: Eanna Falvey & Ross Tucker
  • Personeel van Wêreldrugby: Mark Harrington & Rhys Jones

Die groep was dit eens dat dit nie nodig was vir nuwe reëls of reëlveranderings nie, maar eerder ʼn herfokus op die bestaande reëls. Hierdie reëltoepassingsriglyne word nou uitgereik om die rugbygemeenskap oor die bevindinge van hierdie groep in te lig. Kompetisies wat reeds aan die gang is, moet voortgaan met die reëls en die proses van afrigting van skeidsregters wat hulle die hele seisoen reeds gevolg het. Hierdie riglyne moet aan die begin van die volgende kompetisietydgleuf geïmplementeer word. Wat internasionale rugby betref, word alle wedstryde vanaf Julie 2020 volgens hierdie riglyne deur skeidsregters geblaas.

1

Doodvatter

REëL 14 – Doodvat

5. Doodvatters moet:

a. Onmiddellik die bal en die baldraer laat los nadat albei spelers grond toe gegaan het.

b. Onmiddellik van die doodgevatte speler en van die bal wegbeweeg en opstaan.

  • Doodvatter moet laat los
  • As die doodvat eers voltooi is, mag die doodvatters om besit meeding, mits daardie speler op hulle voete is, duidelik getoon het dat die bal en doodgevatte speler laat los is en uit die rigting van hul eie doellyn opdaag
  • Doodvatter moet wegrol

2

Baldraer

REëL 14 – Doodvat

2. Grond toe gebring wees beteken dat die baldraer op die grond lê, sit of minstens een knie op die grond of op 'n ander speler het wat op die grond lê.

5. Doodvatters moet:

d. Die doodgevatte speler toelaat om die bal te speel.

  • Baldraer moet die bal onmiddellik plaas of speel – die baldraer moet nie tyd toegelaat word vir ʼn tweede beweging soos om te rol, te kruip, te bons, ens nie.
  • Wanneer die baldraer se knie die grond raak, moet die doodvatter onmiddellik laat los

3

Eerste speler wat opdaag

REëL 15 – Losskrum

11. Sodra 'n losskrum gevorm het, mag geen speler die bal hanteer nie, tensy hulle hul hande op die bal kon kry voordat die losskrum gevorm is en hulle op hulle voete gebly het.

12. Spelers moet poog om regdeur die losskrum op hulle voete te bly.

  • ʼn "Afnemer" is ʼn speler wat besit van die bal wen voordat ʼn losskrum vorm
  • Beloon die speler wat die wedloop om besit wen
  • Verwyder die konsep dat die afnemer "die skoonmaakwerk" deur opposisiespelers "oorleef"
  • Die afnemer moet in ʼn sterk posisie wees om, met die hande op die bal, dit te probeer oplig
  • Afnemers moet deurgaans hulle liggaamsgewig ondersteun – daar mag nie grond toe gegaan en die losskrum dan weer gevorm word nie

4

Ander spelers wat opdaag

REëL 15 – Losskrum

5. Spelers wat by die losskrum opdaag, moet op hulle voete wees en moet van agter hulle eie onkantlyn aansluit.

6. 'n Speler mag langs maar nie voor die agterste speler nie aansluit.

10. Mag besit verower word hetsy deur die bal in die losskrum te haak of deur die opponerende span van die bal af te stoot.

  • Dwing inkom deur die hek af en penaliseer aansluiting van die kant af
  • Moedig spelers wat opdaag aan om te dryf en aan opponente te bind eerder as om in te duik of om opponente dood te vat
  • Voorbeelde van ʼn teen-losskrum