I accept cookies from this site

We use cookies to help make this website better. To find out more about the cookies we use, please read our Cookies Policy. If you continue without changing your cookie settings, you consent to this use, but if you want, you can find information in our Cookies Policy about how to remove cookies by changing your settings.

Ten Slotte

Rugby word waardeer as 'n sport vir mans en vrouens, seuns en meisies. Dit bou spanwerk, begrip, samewerking en respek vir mededeelnemers. Die hoekstene daarvan is, en was nog altyd:

  • Die genot van deelname
  • Die moed en vaardigheid wat die spel vereis
  • Die liefde vir 'n spansport wat die lewens van alle betrokkenes verryk
  • Die lewenslange vriendskappe wat deur 'n gedeelde belangstelling in die spel gesmee word.

Dit is as gevolg van rugby se intense fisieke en atletiese kenmerke, en nie ten spyte daarvan nie, dat daar sulke wonderlike kameraderie voor en na wedstryde bestaan. Die lang tradisie van spelers van opponerende spanne wat mekaar se geselskap weg van die veld af en in ʼn sosiale konteks geniet, lê steeds aan die hart van die spel rugby.

Rugby het die professionele era voluit aangegryp, maar het die etos en tradisies van die ontspanningspel behou. In ʼn era waar menige tradisionele sportkenmerke afgewater of selfs betwyfel word, is die spel rugby met reg trots op sy vermoë om hoë standaarde van sportmanskap, etiese gedrag en regverdige spel te handhaaf.

Hierdie gedragskode sal help om daardie gekoesterde waardes te versterk.