I accept cookies from this site

We use cookies to help make this website better. To find out more about the cookies we use, please read our Cookies Policy. If you continue without changing your cookie settings, you consent to this use, but if you want, you can find information in our Cookies Policy about how to remove cookies by changing your settings.

11 Aanslaan of vorentoe aangee

    Aanslaan

  1. 'n Aanslaan kan op enige plek in die speelgebied plaasvind.
  2. Dit is 'n aanslaan indien 'n speler, in die doodvat of poging tot doodvat van 'n opponent, kontak maak met die bal en die bal vorentoe beweeg. Straf: Skrum (indien die bal in die grens ingaan, kan die nie-oortredende span in plaas daarvan 'n vinnige ingooi of 'n lynstaan kies).
  3. 'n Speler moet nie doelbewus die bal met die hand of arm vorentoe klap nie. Straf: Strafskop.
  4. Dit is nie 'n doelbewuste aanslaan indien die speler, in die handeling daarvan om te poog om die bal te vang, die bal aanslaan nie, mits daar 'n redelike verwagting was dat die speler besit kon verkry het.
  5. Die bal is nie aangeslaan nie en spel gaan voort indien:
    1. 'n Speler die bal vorentoe klap direk nadat 'n opponent dit geskop het (afstorm).
    2. 'n Speler die bal uit 'n opponent se hande stroop of slaan en die bal van die opponent se hand of arm af vorentoe beweeg.
    Aanslaan
    Afstorm

    Vorentoe aangee

  6. 'n Vorentoe aangee kan op enige plek in die speelgebied plaasvind. Straf: Skrum.
  7. 'n Speler moet nie doelbewus die bal vorentoe gooi of aangee nie. Straf: Strafskop.