I accept cookies from this site

We use cookies to help make this website better. To find out more about the cookies we use, please read our Cookies Policy. If you continue without changing your cookie settings, you consent to this use, but if you want, you can find information in our Cookies Policy about how to remove cookies by changing your settings.

13 Spelers op die grond in oop spel – geen doodvat nie

    Beginsel

    Die spel word gespeel slegs deur spelers wat op hulle voete is.1

  1. Spelers wat grond toe gaan om die bal te kry of wat grond toe gaan met die bal, moet onmiddellik:
    1. Opstaan met die bal; of
    2. Die bal speel (maar nie skopnie); of
    3. Die bal laat los.
    4. Straf: Strafskop.
  2. As die bal eers gespeel of laat los is, moet spelers op die grond onmiddellik hetsy van die bal af wegbeweeg of opstaan. Straf: Strafskop.
  3. 'n Speler op die grond sonder die bal is uit die spel en moet onmiddellik:
    1. Opponente wat nie op die grond is nie, toelaat om te speel of besit van die bal te verkry.
    2. Nie die bal speel nie.
    3. Nie 'n opponent doodvat of probeer doodvat nie.
    4. Straf: Strafskop.
  4. Spelers op hulle voete en sonder die bal moet nie op of oor spelers op die grond val wat die bal het of naby dit is nie. Straf: Strafskop.
  5. Geen speler mag op of oor 'n doodgevatte speler val nie