21 Doelgebied
- Die bal kan in die doelgebied gedruk word:
- Deur dit vas te hou en die grond daarmee te raak; of
- Deur afwaarts daarop te druk met 'n hand of hande, arm of arms, of die voorkant van die speler se lyf van die middel tot by die nek.
- Deur die bal op te tel word dit nie gedruk nie. 'n Speler mag die bal in die doelgebied optel en dit op 'n ander plek in die doelgebied druk.
- 'n Aanvallende speler wat die bal in die doelgebied druk, teken 'n drie aan.
- Wanneer 'n aanvallende speler wat die bal hou die bal in die doelgebied druk en gelyktydig met die doelgrenslyn of die doodlyn kontak maak (of enige plek daarbuite), word 'n 22meterinskop aan die verdedigende span toegeken.
- Wanneer die baldraer die bal in die doelgebied druk en gelyktydig met die grenslyn (of die veld daarbuite) kontak maak, is die bal binne die speelgebied in die grens en word 'n lynstaan aan die opposisie toegeken.
- As 'n verdedigende speler die bal in die doelgebied druk, is die bal doodgedruk.
- Indien 'n doodgevatte speler momentum het wat hulle tot in hul eie doelgebied beweeg, kan hulle die bal dooddruk.
- 'n Doodgevatte speler naby hulle eie doellyn mag uitstrek en die bal in die doelgebied druk om dood te druk, mits dit onmiddellik gedoen word. Straf: Strafskop.
- As 'n verdedigende speler die bal teen 'n doelpaal of die omringende opgestopte kussings daarvan druk, is die bal doodgedruk.
- As 'n speler in die grens of doelgrens is, kan hulle die bal dooddruk of 'n drie druk deur die bal in die doelgebied te druk, mits die speler nie die bal vashou nie.
- Indien 'n doodgevatte speler besig is om uit te strek om die bal te druk vir 'n drie of 'n dooddruk, kan spelers die bal uit die besit van die speler trek, maar mag hulle nie die bal skop of probeer skop nie. Straf: Strafskop.
- Indien 'n span die bal vanuit die speelveld deur hul opponente se doelgebied in die doelgrens of tot op of oor die doodlyn skop, kan die verdedigende span een van die volgende kies:
- Om in te skop van enige plek op of agter die 22-meterlyn; of
- Om 'n skrum te neem op die plek waar die bal geskop is.
- Indien enige deel van 'n verdedigende speler in die doelgebied is, word daardie speler as binne die doelgebied beskou, mits hulle nie ook in die grens of op of oor die doodlyn is nie.
- Indien 'n speler wat in die doelgebied is 'n bal vang of optel wat steeds in die speelveld is, het daardie speler die bal in die doelgebied ingeneem.
- Indien 'n speler wat op of oor die doodlyn is , of wat in die doelgrensgebied is, 'n bal vang of optel wat binne die doelgebied is, het daardie speler die bal doodgemaak.
- Indien die bal of baldraer 'n hoekvlag of hoekvlagpaal raak sonder om andersins in die grens of doelgrens te wees, gaan spel voort, tensy die bal teen die vlagpaal gedruk word..
- Indien 'n speler wat die bal dra binne die doelgebied opgehou word sodat die speler nie die bal kan druk of speel nie, is die bal dood. Spel hervat met 'n vyfmeterskrum, in lyn met die plek waar die speler opgehou is. Die aanvallende span gooi in.
- Indien daar twyfel bestaan oor watter span eerste die bal in die doelgebied gedruk het, word spel hervat met 'n vyfmeterskrum, in lyn met die plek waar die bal gedruk is. Die aanvallende span gooi in.
Druk van die bal

Druk van die Bal







Bal doodgeskop deur die doelgebied


Uitsondering: 'n Onsuksesvolle skop na die pale of gepoogde skepskop. In hierdie gevalle hervat die verdedigende span spel met 'n 22-m-inskop.
Verdedigende speler in doelgebied
Hoekvlagpaal


Speler raak hoekvlag voordat bal gedruk word
Bal in lug gehou binne doelgebied

Twyfel oor druk van die bal